Affipadaf Blomme Toer 2022

2022 Affipadaf Blomme toer

 Die afgelope 10 dae was ons bevoorreg om my skoonmoeder, Charlotte en haar skoonsus, Lorenda op 'n blomme toer deur onse skone Suid Afrika te vat. Siende dat die ons "maiden voyage was" was daar baie onsekerhede maar ons het die bul by die horings gegryp en ini pad geval en somme ons konsep wa, die "Affiwa" vir 'n toets-rit gevat - 'n slaap plek vir die dames 🙂 Ons hou 'n kort dagboek - lees en geniet ons land saam ons. 6 Aug 2022. Ons vertrek vroeg oggend, die son was nog nie uit nie, vanuit Vanderbijlpark waar ons by Lorenda (ons mag nie Tannie se nie) Die eerste dag op die teerpad is lank, +-870km. Die besluit is om hoofweg te hou sover moontlik. Ons hou by n paar lekker plekkies stil. Trompsburg se Affiplaas is n moet so ook die Karoo padstal. Die dames begin al vroeg koop. Loxton se Jakhalsdans KarooNag Gastehuis is waar ons vir oulaas 'n bietjie "fancy" gaan slaap. Ons kyk met groot fees die Bokke teen die All Blacks en sluit die oorwinning met n lekker braai af. PS. Later lees ek toe raak, dat ons in my gunsteling skrywer Deon Meyer se huis KarooNag oor gebly het. WOW! Afdraaipad, Grondpad #memories

 

 

7 Aug 2022

Na n vroeg oggend koffie en beskuit verlaat ons Loxton asook die teerpad rigting Tankwa. Ek moet vinnig deur 'n yskoue stroom water loop om seker te maak ons kan deur ry. Ons ry via die R356 en stop in Fraserburg vir ontbyt maar alles is steeds gesluit. Ons stoot aan want ons totale reis vir die dag is +/- 350km. Ons kry ons eerste pas Droogvoetspoortpas, een van vele (15 in totaal vir die toer) en daarna die Rooipoortpas. Net voor ons by Sutherland in ry, kry ons n waarskuwing op die band monitorstelsel dat die wiel besig is om pap te word. Ons trek van die pad af en sien dat die skerp klippe van die grondpad sy eerste letsel gemaak het. Met die band herstel toerusting uit maak ons dit reg en neem n kiekie by Sutherland. Ongelukkig kan ons nie die Planetarium besoek nie. Ons top op met n paar goedjies en vind uit dat daar nie veel oop en beskikbaar is op n Sondag nie. Ons maak sommer n broodjie langs die pad om te hap oppad Tankwa toe. Net na Sutherland gaan ons oor die Ouberg pas en gee die twee dames in die agtersitplek n voorsmakie van wat by Tankwa wag. Die pas is grondpad en lekker steil, maar het van die mooiste uitsigte. Dit is ysig koud bo op die berg, so ons neem maar vinnig fotos. Die pad na Tankwa lewer 'n groot verskeidenheid van blomme kleure op. Tankwa self is bedek met 'n kombers van klein geel blommetjies en meeste van die pad is mooi. Ons boek in en ry na Langkloof... Min wetend die pad was so semi verspoel. Dit bied n paar lekker 4x4 uitdagings maar min opwinding vir die twee reisgenote op die agter sitplek. Die kampterein is baie mooi. Daar is 'n gas geyser, met parefien lampies. 'n Mooi toe geboude kombuis, help met die maak van kos en opwas. Die pad het wel sy tol so bietjie op die Affiwa gehad en so bietjie bosveld mechanic werk benodig. Ons eet lekker Hoendersop en broodjies om die kamp vuur en bring bietjie rustigheid onder ons reisgenote. Ons slaap in ons geliefde dak tent en die Affiwa word vir die eerste keer in geslaap deur moeder en Lorenda. Afdraaipad, Grondpad #Memories

8 Aug 2022

Ons reis vir die dag is +/-250km dus maak ons eers n lekker ontbyt voor ons ry. Ons word bederf met 'n mooi sons opkoms. Met kamp afgeslaan ry ons die gevreesde pad van ons reisgenote terug en dan na die Tankwapadstal. Net daar begin die toer as n blomme en padstal toer. Ons eet heerlike roosterkoeke met verskeie vulsels en loer wat die padstal alles bied. Met magies propvol reis ons rigting Marcuskraal via die Cederberge. Ons ry oor die Peerboomskloof,die Katbakkies, die Blinkberg en die Grootrivierhoogte pas voor ons by die Aankoms padstal stop. Daar weer so paar goedjies gekry ry ons aan via Matjiesrivier na die Stadsaal grotte. Die hele pad is skildermooi met rots formasies en ons kan nie uitgepraat raak oor watse forms ons raak sien nie...van kannonne tot rotsreuse...krokkodille tot gorillas....daar is net soveel mooi wat die berge bied. Die blomme prag wat saam die rotse is maak dit net n woordelose skouspel. Fotos en videos kan nie die mooi van die Stadsaal grotte wys nie. Jy hoef nie veel van n verbeelding te he om te kan sien hoe dit n kasteel met kamers en vensters kon wees,met n groot onthaal area. Dit voel of jy nie wil weg gaan daar nie, net wil kamp opslaan en dit nog verder beleef. Ongelukkig word kamp nie toegelaat nie en die son skuif vinnig in wes se rigting. Al die mooi wat jou laat stop vat tyd en ons besef in die Cederber kan jy beslis n week spandeer. Ons ry verder en gaan oor die Cederbeg pas,Niewoudtspas en die Kriedouwkloofpas. Ons doen n vinnige stop op Citrusdal en kom by Marcuskraal aan. Khrisjan verwelkom ons en wys ons kampeer area aan.Groot verrassing vir Moeder en Lorenda. Hulle word weer bederf met fancy slaap. Ek en liefie vat sommer die Affiwa....ons eerste keer om te toets hoe hy slaap in vergelyking met ons rooftop tent. Marcuskraal is n citrusplaas in die Olifantsriviervallei. Daar is ook verskeie 4x4 roetes op die plaas. Hulle bied kamp, challet, gaste kamers en selfs funskie fasiliteite aan. Ons steek die vuur aan en braai vir die eerste keer n lekker skaap tjoppie saam aartapple gereg en slaai. Afdraaipad, Grondpad #Memories

9 Aug 2022

Ons staan rustig op, maak klaar groet Krisjan en pak die pad aan na Nieuwoudtville. Dit is so ongeveer 200Km. Vanaand kamp ons by Starwors Ons ry tot by Clanwilliam en stop by die Velskoen Restuarant en Padstal soos aanbeveel deur Krisjan. Wat ‘n oulike plek. By die ingang is daar ‘n dame wat vars roosterkoeke op ‘n vuur bak, n haan skrop op die gras rond en die vrugte bome hang vol lemoene Ons eet ontbyt. Natuurlik is Roosterkoek deel daarvan...dit is mos nou die wereld se pride en joy. Nadat ons die inkopies in die Affiwa gepak, raak Moeder en Lorenda gemaklik. So paar km verder kom daar ‘n verbasende stelling van agter dat die teer pad maar vervelig is. Ons moet ‘n grond pad gaan soek 🙂 Kyk gerus ons video wat binnekort vrygestel word 🙂 Ons ry oor ‘n mooi pas, die Pakhuispas en stop by Louis Leipoldt se graf waar ons ook na die boesmantekeninge kyk C. Louis Leipoldt (1880–1947) was ’n dokter, digter, dramaturg en skrywer, wat verskeie toekennings ontvang het vir sy skryfwerk, insluitende die Hertzogprys vir poësie en drama. Hy was een van die leidende figure van die Tweede Taalbeweging (tesame met Jan F.E. Celliers en J.D. du Toit). Benewens gedigte, het hy ook romans, toneelstukke, kinderverhale, kookboeke en 'n reisjoernaal geskryf. Hy was 'n liefhebber van die natuur, en het dit dikwels as tema vir sy werk gebruik, maar met spesifieke klem op die legendes en landskappe van sy geliefde Hantam. Ander temas betrek die lyding en pyn wat deur die Tweede Vryheidsoorlog veroorsaak is, en die kulturele leefwêreld van die Kaapse Maleiers.(Bron : Wikipedia.org) Ons ry en stop by die Khoisan Kombuis waar Moeder gou weer deur die padstal gedeelte stap. Kyk-kyk, ry-ry, stop-stop oor die Klipfonteinpas en die Bottetkloofpas en so 10 km voor Starwors net buite Nieuwoudtville kry ons weer ‘n papwiel..ja met Chantelle aan die stuur... laat ‘n mens wonder.. Daar is slegs 3 staanplekke. Ons slaan kamp op by JarJar wat n ongelooflike uitsig het en ons die mooiste sonsondergang agter die rotsformasies sien. Starwors Kampterrein se tema is gebasseer op die fliek reeks Star Wars. Die eienaar het baie moeite gedoen. Die badkamers, kampterein, speletjies, naam borde ens is iets om te beleef. Ons self het nog nie ‘n soortgelyke kampterrein in Suid Afrika teegekom nie. Soos gewoonte maak ons ‘n vuur, braai n vleisie met sampioensous en slaatjie. Ons bewonder hoe die bykans volmaan die aand so helder verlig dat mens nie eers ‘n liggie nodig het om badkamer toe te stap nie en selfs nie die sterre kan sien nie. Nog ‘n dag is verby. Tydlose herinneringe ingeplant, “brein fotos” soos Lorenda dit noem, memories, waaroor ons nog lank sal gesels. Afdraaipad, Grondpad #memories

10 Aug 2022

Vandag verken ons vir Nieuwoudtville. Ons hoef nie ons hele kamp op te pak nie, want ons slaap vannaand weer by Starwors. Ons word wakker met ‘n bewolkte dag en vrees so bietjie dat die blomme nie gaan kop uitsteek vandag nie. Ons maak wel eers rustig ontbyt, want die kenners se die blomme word eers van 11uur af wakker, as die son uitkom. Net so voor ons klaar is met ontbyt begin die son sy verskyning maak en dit is net na 10. Ons sien sommer die blommetjies om ons by die kamp maak koppietjies oop en dit gee ons die hoop dat ons vandag mooi blomme gaan sien, want Nieuwoudtville is die hoofstad van blomme. Sommer met die inry slag by Nieuwoudtville is die blomme op elke sypaadjie en tuin. Ons stop by so paar winketjies en word verwys na die kerk toe, hulle het ook ‘n padstal tipe mark in die saal. Ons asems word weg geslaan met ons aankoms. Dit is net blomme waar jy kyk. Die Here se skeppings werk voor ons geskilder. Daar kom ‘n man met ‘n voorskoot uit gehardloop en vra om fotos te neem van die Amarok Bakkie, want dit is die beste bakkie en saam die blomme gaan dit net so mooi lyk. Hy stuur vir my die fotos en moet se, bakkie lyk mooi. Later sal ons uitvind dat dit die Dominee is, Ds Johan Janse van Rensburg. Ons gesels lekker en ek lag baie vir die manier van hoe hy homself voorgestel het, ek wonder steeds onder watse groep ek val. Ons ry en gaan na die KokerboomWoud toe net buite Nieuwoudtville. Daar is ‘n waterval oppad daarheen, maar ongelukkig droog gedurende ons tyd. Ons het verneem van die mense in die omgewing dat hulle amper net ‘n derde van hulle gemiddelde jaarlikse reenval ontvang het tot dus ver en dat reen seisoen amper verby is. Ons hoop hulle kry wel nog in die laaste gedeelte. Die Kokerboomwoud is regtig iets besonders om te besoek. Jy kan ook bespreek om na ure sterre te kom afneem, so met die bome. Ons neem so klompie fotos en ry terug Nieuwoudtville se rigting. Ons stop by Matjiesfontein Padstal en ontmoet die vriendlikste twee dames wat al 26 jaar daar is. Hulle vat ons op ‘n hele toer deur die plaashuis en al die geskiedenis daarvan. Ons gaan op hulle blomme roete en daar besef ons dat jy hoef amper nie eers verder te ry om nog blomme te sien nie, want hier is alles. Ek het nog nooit so baie blomme bymekaar gesien nie, die skeppingswerk is asemrowend, onbeskryflik, skilder mooi. Ons stop by Die Nedersetting restuarant. Hulle bedien die heerlikste kos. Ons het die ete van die dag bestel, wat bestaan het uit, Skaapboud, frikkadelle, hoederpastei, soet patats, aartappels,rys, uieringe,klein pampoentjies en slaaie....alles vir een persoon. Dit was heerlik, ons het die wortelkoek vir nagereg as wegneem gevat, want daar was nie spasie in die magie nie. Ons is net lui en rustig by die kamp, ons geniet ‘n koffie en koek vir aandete. Die maan is 98,98% volmaan en belig die wereld om ons. Afdraaipad, Grondpad #memories #affipadaf #nieuwoudtville #flowers NG Kerk Nieuwoudtville

11 Aug 2022

Die son kom op soos die maan sak en skilder ‘n mooi prentjie voor ons. Ons is vroeg op, want vandag gaan ons see toe! Hondeklipbaai hier kom ons! +/- 290Km om te gaan met ‘n paar stoppe oppad. Ons oorweeg ‘n paar roete opsies en besluit om hoofweg N7 om te gaan, sodat ons deur Garies kan ry. Die gesegde se mos, “Garies se mense is lekker mense”. Moeder wil ook graag nog ‘n paar padstalle besoek en die sand pad teen die see af het nie. Ons stop vir oulaas in Nieuwoudtville. Ons laai die dames by Mertle se kombuis af, terwyl ons gaan bande pomp. Die Mertle dames verskaf die heerlikste roosterkoek met kaas en konfyt, Moeder en Lorenda koop dit en skuinskoek vir padkos- ontbyt. Ons ry oor die Van Rhynspas na Vanrhynsdorp vir ‘n vinnige koffie. Lorenda koop ‘n hand gemaakte kettie In Bitterfontein is ons eerste wynstop - Gerber & Co. ‘n Paar bottels van die Boer & Brit wyne aangeskaf. So bietjie van die plek se geskiedenis : Die Boer, is Stefan Gerber, agter-agterkleinseun van president Paul Kruger, met 'n massiewe passie vir Sauvignon Blanc, Shiraz en Mediterreense variëteite. Die Brit, is Alex Milner, wynmaker by Natte Valleij (na besoeke in die suide van Frankryk en Indië) en agter-agterkleinseun van Field Marshall French - wat die "Relief of Kimberley" gelei het - met 'n passie vir Petit Verdot, Bordeaux-versnitte en enigiets vreemd. 110 jaar gelede was hierdie twee beste vriende (hulle het op Stellenbosch ontmoet terwyl hulle wingerd- en wynkunde studeer het) se voorvaders bitter vyande en nou het hulle gekombineer om wyne te maak vir al die mense van Suid-Afrika (en die wêreld) om te geniet. In Garies stop ons by Daisy Land Tourism Padstal. Ja, weer word daar gekoop. ‘n Paar aandenkings, tydskrifte van 1970’s en selfs ‘n paar Trompie boeke. Ook pannekoek vir fondsinsameling vir die kerk in die saal. Ons roadtrip oor die GariesHoogtepas en stop net na 3uur in Hondeklipbaai. Honne-Pondokies is waar ons oorslaap. Jasper en Emdi Swanepoel is ongelooflik gasvry en ons voel onmiddelik tuis by die kusdorpie. Jasper waarsku ons van die weer wat so skielik kan verander en sy woorde was skaars koud, toe rol die mis van die see in en die sonnige dag skielik koud. Moeder en Lorenda besluit om in een van die Honehokkies te bly, so ek en Liefie slaap weer in die Affiwa vannaand. Ons stap so bietjie rond en gaan eet by die Dop en Kreef restuarant wat so op die see uitkyk. Ons gesels daar met mede kampeerders en ander gaste. Die oorspronklike plan is om twee aande in Hondeklipbaai te spandeer. Die blomme langs die kus is iets om te beleef. Maar die weervoorspelling vir more is glad nie aangenaam nie. Ons gesels met Jasper wat in Upington bly. Koppe bymekaar, n padkaart tussen ons, stel Jasper voor ons ry na Klein Pella. Dit is ‘n Dadel plaas teen die Oranje rivier. Ons skakel en daar is plek. Dit is gereel ons ry more weer. Ons sit lekker en gesels verder die aand met bietjie wyn, more rol die wiele weer. Afraaipad, Grondpad #memories

13 Aug 2022

Afrika, Suid Afrika, jy bederf ons. Om wakker te word met ‘n koppie koffie en die sons opkoms te kan beleef in hierdie mooi land van ons, is ‘n voorreg. Die son het vanoggend sy beste skilderkwas uitgehaal. Kenneth het ons van n baie oulike “Flap Jack mix” geleer en ons maak lekker ontbyt saam met spek en van die braaivleis van die vorige aand. Opgepak en reg om te gaan neem ons vir oulaas ‘n laaste paar foto’s, dit begin liggies drip en ‘n reenboog skyn vir ons. Oral in die Kokerbome en kragpale is die masiewe neste van die Gesellige Weefsel ( Sociable Weaver ) . Sommige voëls bou enkel neste. ander rig hele woonstelkomplekse op. Die gesellige weefsel van Suider-Afrika bou die grootste gemeenskaplike neste van enige voëlspesie; Die grootste strukture huisves meer as honderd broeipare en bied toevlug (na broeiseisoen) vir vinke, liefhebbers en valke. Die neste van gesellige wewers is semi-permanente strukture wat in die loop van drie of vier dekades deur verskeie generasies gebruik word. Soos die termiet neste, bevat hulle gevorderde ventilasie- en isolasiestelsels wat die binnekant van die nes koel in die brandende Afrika-son koel hou. Tog, gesellige wever neste is ver van roofdier-bewys; soveel as driekwart van hierdie voël se eiers word deur slange of ander diere geëet voordat hulle die kans kry om uit te broei: (https://af.eferrit.com/11-uiters-indr...) Vandag reis ons na die Augrabiese Watervalle. Vroeer die jaar was die valle in vloed en dink ek as mens so na die fotos kyk, dat dit AMAZING kon wees om die massas water te kon beleef. Ons eerste stop is wel Kakamas. Hierdie dorpie teen die Oranje Rivier het ons verras. Op die pad sien ons dat hierdie wyn wereld is.....hier in die Noord Kaap, ons moet gaan proe. Ons stop by die al om bekende Pienk Padstal. Hier eet ons roomys en kyk na al die interessante se goedjies en beskrywings. Die Mas van Kakamas wynkelder is op on radar, sjoe sjoe sjoe....Hierdie is ‘n moet besoek wynplaas. Ek noem myself nou nie ‘n wynkenner nie, maar ek kan vir jo wel se as iets lekker is, dit was sjoe sjoe sjoe lekker. Ons doen ‘n wyn en gin “tasting” saam lekker pizzas en kuier te gesellig. Alhoewel ons langer wil bly, weet ons Augrabies wag vir ons. Ons boek in by die Augrabiese National Park en stap eerste na die valle toe. Hierdie is een van die goed wat geen foto of video nie kan wys nie. Die massas water wat net vloei en vloei, laat mens net weer die wonderwerk skepping van ons aarde besef. ‘n Paar dassie families le lekker en bak in die son op die klippe. Ons stap aan kamp toe, want die Bokke speel weer, maar hieroor brei ons nie uit nie. Ons braai weer ‘n lekker vleisie saam slaaie en kry ook ‘n kuiergas, ‘n muskeljaat kat, amper so mak soos ‘n huiskat. Vannaand is dit nogal koud en ons besef met ‘n hartseer gemoed, dit is ons laaste aand. More vat ons die pad huis toe. Hierdie reis, was mooi. Suid Afrika, ons land het soveel om te bied en wag elke dag vir ons om haar die “explore”. Dankie Suid Afrika. Dankie Hemelse Vader vir die skepping en dat U ons veiilig gehou het. Afdraaipad, Grondpad #Memories

Contact form